Einder
Einder
Eindelik verby die drentelgrens
van hul twee eensaamhede haal
hy haar, sy hom, weer in en wens
verwonderd om nooit af te dwaal:
hul dae n herhalende begin
n wisseling van vergesigte waar
versperring nie bespeur word, alles glim,
verrassend skoongewas en klaar.
Tog, in n aanval van omsigtigheid
ons leer algaande ons perke ken, sê hy
herinner hul mekaar aan eindigheid.
En sien die einder weer vergly.
- Uitgeverij
- Singel Uitgeverijen
- Imprint
- Querido
- Uitgegeven als
- Ebook
- Eerste editie
- 04-07-2013
- Laatste editie
- 22-08-2013
- ISBN
- 9789021448558
- Aantal pagina's
- 60
- Taal
- Nederlands